News

Moenie jou hond in ‘n ‘bakoond’ los nie

Vaaldriehoekse inwoners wat honde in geparkeerde motors sien, moet dit nie ignoreer nie - rapporteer dit!

VANDERBIJLPARK – Die somer het aangebreek en daarmee saam dae wat drukkend warm is! Mense moet dus onthou dat dit dodelik vir hul geliefde honde kan wees om in ‘n warm motor gelos te word.

Die Vereeniging/Vanderbijlpark Diere Beskermings Vereniging verduidelik dit so:

“Sou jy jou hond binne-in ‘n oond los? Want dit is presies wat ‘n geparkeerde voertuig op ‘n warm dag kan word. Selfs wanneer die temperatuur sowat 27°C is, kan dit binne ‘n geparkeerde voertuig binne 20 minute tot ongeveer 43°C styg.”

Honde kan hulself nie so doeltreffend afkoel as mense nie.

Wanneer temperature styg, kan hulle vinnig ‘n hitteberoerte kry, wat orgaanversaking en die dood kan veroorsaak.

Die DBV verskaf die volgende tekens van hitteberoerte:

* Oormatige hyging of kwyl
* Helderrooi of ongewoon bleek tandvleis
* Swakheid of moeite om te staan
* Braaking of verwarring
* Ineenstorting of aanvalle

“Moenie dink jou hond sal okay wees as hy net vir vyf minute in sulke warm omstandighede in ‘n geparkeerde motor gelos word nie. Vyf minute verander vinnig in 15min wat sy dood kan beteken,” waarsku die DBV.

“Om vensters effens oop te laat of in die skaduwee te parkeer, maak dit ook nie veilig nie”.

Kontak die DBV

Indien inwoners by ‘n winkelsentrum of parkeerarea ‘n hond in ‘n toe motor gewaar, word hulle aangeraai om dadelik die DBV (016 422 1505) of SAPD te kontak.

Verskaf die voertuig se ligging, registrasienommer en besonderhede oor die dier se toestand.

Vra nabygeleë sekuriteitspersoneel om te help om die eienaar op te spoor.

Beste raad

Los jou hond tuis as jy inkopies gaan doen.

Sorg dat jou hond veilig is met vars drinkwater en geskikte skuiling het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button