Local newsNews

Graad 1 Risi wen Oppie Tong Af

'n Jonge graadeentjie van Laerskool Risiville is die algehele wenner van die Oppie Tong Af Redenaars vermaaklikheidskategorie.

VEREENIGING – Jana Kotzé is net in graad 1, maar sy is glad nie bang om haar sê te sê nie. Die jonge dame het die Oppie Tong Af Redenaarskompetisie se landsfinaal se vermaaklikheidsafdeling gewen.

Haar toespraak, Ek het ʼn huisie by die see, dis nag!!, het opslae gemaak. Die finale rondte van die kompetisie het by Trinity House in Centurion plaasgevind.

Jana het ook haar skool verteenwoordig by die ATKV en Super 8 redenaarskompetisie. Volgens haar ma, Joanie Kotzé, is Janie nie net lief vir gesels nie, sy geniet dit ook om te sing en te dans.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button