Local newsNews

Kuns, Klank, Kollig – Welgedaan DF!

Daar is gesing, gedans, en toneelgespeel. Elke item was soos om 'n geskenk oop te maak. Leerders en personeel was ewe tuis op die verhoog.

SASOLBURG – Woensdagmiddag en aand het Laerskool DF Malherbe hul Kuns, Klank, Kollig aangebied by die Etienne Rousseau Teater (ERT). Die leerders se kunswerke is in die teater se voorportaal uitgestal en was ʼn getuigskrif van hul talent en kreatiwiteit.

Laerskool D.F Malherbe se personeelkorps se item was ‘n treffer. Foto: Gerda Bruinette

Op die verhoog het elke graad die kans gekry om hul talente ten toon te stel. Van spreekkore tot drama’s het die gehoor vermaak. Dit was nie moeilik om te sien hoekom die skool uitstaande punte by die kunstefeeste verower het nie.

Van die Groenewalds wat op vakansie gaan, tot by die held met baie spiere wat Aspersie gaan soek het met net haar ui-stinktekkie, het almal laat skaterlag.

Die koor sing Do, Re, Mi uit The Sound of Music. Foto: Gerda Bruinette

Die kersie op die koek was D.F se hoof en personeel wat die verhoog betree het en humoristies vertel het hoe lyk ʼn dag in die lewe van ʼn onderwyser.

Die jongspan wat tussen die items die verhoog moes rondskuif het hul goed van hul taak gekwyt en soos gewoonlik in die ERT was die klank en beligting in die kol.

“Die Groenewalds” op pad see toe. Foto: Gerda Bruinette
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button