SASOLBURG. – ’n Pasiënt wat met a-pokke gediagnoseer is, ontvang tuis sorg en word in afsondering gehou. Sy toestand is stabiel.
Volgens ’n RSG-nuusberig sê Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse departement van gesondheid, die diagnose is in Sasolburg gemaak.
Mvambi sê gesondheidsowerhede volg verskeie mense op wat noue kontak met die pasiënt gehad het. Toetse word ook gedoen.
Die departement beskou die risiko van verspreiding na die algemene publiek in hierdie stadium as baie laag, sê hy.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!