News

Delinda benodig hulp ná gru-ongeluk op R59

Lang pad van herstel le voor haar uitgestrek.

VANDERBIJLPARK – ’n Pleidooi word aan die gemeenskap gerig om Delinda Swart finansieel by te staan nadat sy ernstig beseer is in die gru-ongeluk op 8 Oktober waarin drie leerlinge en die bestuurder van JCS Independent School se skoolvervoer gesterf het.

Die ongeluk het op die R59 naby die R57-brug plaasgevind. Delinda het verskeie frakture opgedoen en benodig ondersteuning vir haar mediese uitgawes, hospitaalrekeninge, medikasie en rehabilitasie.

’n Skarebefondsingsveldtog is deur Anna-Marie Swart op BackaBuddy begin met ’n teikenbedrag van R50 000. Teen die tyd dat die veldtog nagegaan is, was R2 500 ingesamel.

Mense wat Delinda en haar familie in dié moeilike tyd wil help, kan ’n bydrae lewer deur die volgende skakel te besoek: https://www.backabuddy.co.za/campaign/delinda-swart.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button