News

Janitha terug in hof oor R9,9m

Sy word as die meesterbrein verdink.

VANDERBIJLPARK – Janitha van Reenen-Coetzee verskyn vanoggend weer in die Vanderbijlpark-landdroshof in verband met die beweerde R9,9 miljoen-bedrogspul met die onwettige heraansluiting van elektrisiteit by die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit.

Sy is op 3 September buite die hof in hegtenis geneem en is op 18 September op R20 000 borgtog vrygelaat.

Van Reenen-Coetzee staan tereg op aanklagte van diefstal, bedrog, geldwassery en peuter met noodsaaklike infrastruktuur. Sy word daarvan beskuldig dat sy die meesterbrein agter ’n onwettige elektrisiteitshersaansluitingsindikaat is.

Sy het voorheen saam met sewe medebeskuldigdes in dieselfde hof verskyn. Sy staan ook in ’n afsonderlike saak tereg oor ’n beweerde R16 miljoen-spookvloot skandaal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button