Local newsNews
Kollegepark se hoofleiers vir 2027
Veels geluk en sterkte aan Laerskool Kollegepark se voorlopers vir 2027. Mag jul leierjaar gevul wees met goeie besluite en avonture.
VANDERBIJLPARK – Laerskool Kollegepark het hul hoofleiers vir 2027 aangewys. Markus van den Bers is hoofseun en Emma de Clercq hoofdogter. Hulle word bygestaan deur onderhoofseun Regardt Henning en onderhoofdogter Lerieke Grobler.
Die skool sê op hul Facebookblad: “Baie geluk aan hierdie vier besondere leerders! Ons is ongelooflik trots op julle en sien uit na die positiewe verskil wat julle in 2027 gaan maak.
“Mag julle met trots, integriteit, nederigheid en ‘n hart vir ander leiding neem. Onthou, ware leierskap gaan nie net oor die kenteken wat jy dra nie, maar oor die voorbeeld wat jy stel!”
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
