Local newsNews

Gerda trap voort ten spyte van longsiekte

Alhoewel sy self 'n rare siekte het, ry sy steeds fiets om bewusmaking te skep vir almal wat aan seldsame siektes ly.

VANDERBIJLPARK – Die Rare Disease Foundation se Ride 4 Rare-span maak gereed om die Ride Joburg se 97 km fietswedren op 22 November aan te durf.

Ride 4 Rare durf langafstand fietswedrenne aan om bewusmaking te skep en fondse in te samel vir mense wat met seldsame siektes gediagnoseer is.

Vanuit die Vaaldriehoek oefen Gerda Janssen getrou om die Ride Joburg te kan meemaak. Sy het vroeër die jaar ook die Cape Town Cycle Race voltooi. Vir Gerda is dit moeiliker as die res van die Ride 4 Rare-span.

Sy leef elke dag in pyn weens ‘n seldsame longsiekte, Lymphangioleiomyomatosis (LAM), en is die enigste een in die span wat self ook ‘n seldsame siekte het.

“Ek ry vir almal met seldsame siektes en natuurlik ook vir die kinders van Eureka. Ek suffer vir almal wat dit nie kan doen nie,” sê sy. Sy is ‘n onderwyseres by die Eureka Skool vir leerlinge met erg verstandelike en liggaamlike gestremdhede.

Gerda vat die lang pad aan op ‘n e-fiets. Dis ‘n fiets met ‘n klein enjin. “Ek weet baie mense sal dink dis makliker, maar ek stel die fiets op die swaarste stelling, sodat ek meer moet trap.”

Alhoewel sy dit geniet om fiets te ry, is dit nie vir haar maklik nie. Sy bly egter getrou oefen en hoop om volgende jaar ook die Trans Baviaans te doen waar 230 km in 24 uur gery word.

Help Gerda om fondse in te samel vir Ride 4 Rare, deur hier te klik.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button