News

Rekordbeurt vir JD: 352 lopies in 111 balle

Die Vaal het geen tekort aan sporttalent nie, en JD se bobaas-vertoning vanmiddag met die kolf tel beslis onder 2026 se hoogtepunte.

VANDERBIJLPARK – Dit het behoorlik sesse en viere gereën toe JD de Bruyn vanmiddag sy stelling voor die paaltjies ingeneem het.

Valia se o.15-krieketspan speel tans op sy tuisveld teen sy eweknie van die Hoërskool Driehoek. 

Valia het eerste gekolf.

Dit het aanvanklik soos net nog ‘n ligawedstryd gelyk, totdat JD (Valia se nommer vier-kolwer) ingestuur is.

“Ek het eers gesukkel om die middel van die kolf te vind,” vertel ‘n moë JD. Maar toe die fris jongman wel die middel gekry het, het dit in ‘n rekordbeurt ontaard. 

JD het in 111 aflewerings, 352 lopies aangeteken, waaronder 42 sesse en 18 viere.

“Dit het nog nie heeltemal by my ingesink nie,” het die beskeie kolwer aan Vaalweekblad gesê.

Ná die lang tydperk op die kolfblad was veral sy beenspiere gedaan, en hy is gespaar om veldwerk te doen. 

Toe Vaalweekblad daar opdaag het ons hom langs die veld gekry, waar hy sy spanmaats se veldwerk dopgehou het.

Sy ongelooflike vertoning sal ongetwyfeld na afloop van die kragmeting saam met die res van die span gevier word.

Baie geluk, JD – dis beslis ‘n prestasie wat erkenning verdien.

Valia se talentvolle o15-krieketspeler, JD de Bruyn. Foto: Elsje Vermeulen
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button