Roete vir Sondag se Toy Run
Vaalweekblad deel graag die roete vir vanjaar se skouspelagtige Toy Run. Kies jou staanplek en kom kyk na die optog!
VANDERBIJPARK – Vir meer as drie dekades bring die Toy Run al vreugde vir vele kinders en gesinne in die Vaal.
Sondag, 29 November is dit weer sulke tyd.
Die Toy Run word aangebied deur Centurions MC Vaal in samewerking met Wingmates MC en Afriforum.
Die motorfietsryers kom hierdie jaar almal by The Bikers Race Bar aka Rossi Bar bymekaar.
Om 10:00 sal die enjins begin brul en die groep sal na die Centurions MC Vaal se gronde in Shakespearestraat vertrek.
Roete
Vertrek by Rossi Bar op die Stokkiesdraaipad
Ry tot by die verskeerslig by Checkers in die gat
Draai links in Frikkie Meyer Boulevard
Reguit aan tot by Rossini Boulevard – draai links
Ry verby Vaal Mall, oor kruising tot in Farraday Boulevard
Draai links by verkeerslig na Good Yearstraat
En dan weer links in Shakespearstraat, tot by die Centurion-klubhuis.
