LetterOpinions

Dankie vir flink diens op eiland

Anton Hugo skryf per e-pos:

Anton Hugo skryf per e-pos:
Ek bestuur die Universiteit van Johannesburg se fasiliteit op die Eiland in die Vaaldam. Soos u kan verstaan is dit soms moeilik om ‘n diensverskaffer te bekom om sekere dienste te lewer. Ongeveer ‘n maand gelede het ek dringend iemand gesoek om ons trekker se sleepstang te kom herstel. (Die trekker word aangewend om ons bote te water te laat en weer uit te haal.) Ek het drie plekke geskakel om hulp. Twee het nie eers gebodder om terug te skakel nie. Die derde persoon was ene Bernard van Ben’s Tig Welding wat dadelik gereageer het en uitgekom het om na die probleem te kyk. Die volgende dag was hy hier om die trekker te herstel. Sy werk is puik, sy diens van hoogstaande gehalte en hy is nou ‘n verskaffer vir die Eiland. Dit wil vir my blyk uit die ander firmas se houding dat werk volop is en hulle nie bereid is om uit hulle gemaksone te klim nie. Baie dankie Bernard vir jou flink en goeie werk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button