Photo GalleriesSportSportSport

Silwerrandjie om donkerwolk

VANDERBIJLPARK. – Die HTS Carel de Wet se eerste rugbyspan het die Vaaldriehoek van segelose Saterdag gered toe hy die Afrikaans Hoër Germiston met 73-0 ‘n rugbyles gegee het. Die Hoërskole Transvalia, Driehoek, Vereeniging Gimnasium en HTS Sasolburg  het almal streepsuiker gekry. Transvalia is met 25-8 deur die Hoërskool Menlopark van Pretoria geklop. Die manne …

VANDERBIJLPARK. – Die HTS Carel de Wet se eerste rugbyspan het die Vaaldriehoek van segelose Saterdag gered toe hy die Afrikaans Hoër Germiston met 73-0 ‘n rugbyles gegee het. Die Hoërskole Transvalia, Driehoek, Vereeniging Gimnasium en HTS Sasolburg  het almal streepsuiker gekry.

Transvalia is met 25-8 deur die Hoërskool Menlopark van Pretoria geklop. Die manne in pers en geel van die Hoërskool Driehoek het ook hard probeer, maar is uiteindelik met 26-10 deur Birchleigh geklop. Die HTS Sasolburg het ook nie ‘n maklike dag op kantoor beleef nie, toe hy met 36-10 deur Wilgerivier geklop is. Die Vereeniging Gimnasium se Wit Tiere was ook sonder byt toe hy met 43-5 deur die Hoërskool Goudveld geklop is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button