Photo GalleriesSportSportSport
Mostert lei Valia se sege
VANDERBIJLPARK. – Die tweede krieketspan van die Hoërskool Transvalia het verlede week op sy tuisveld vir Vereeniging Gimnasium met 32 lopies geklop. Valia met Michael Mostert (61*), Ruald Stoop (51) en Durandt Theunissen (32*) aan die spits, het gesorg dat die tuisspan ‘n mededingende telling van 193/5 in 20 beurte kon aanteken. Gimmies is daarna tot 161/9 …
VANDERBIJLPARK. – Die tweede krieketspan van die Hoërskool Transvalia het verlede week op sy tuisveld vir Vereeniging Gimnasium met 32 lopies geklop.
Valia met Michael Mostert (61*), Ruald Stoop (51) en Durandt Theunissen (32*) aan die spits, het gesorg dat die tuisspan ‘n mededingende telling van 193/5 in 20 beurte kon aanteken.
Gimmies is daarna tot 161/9 in 20 beurte deur goeie boulwerk deur Johan Nortier (4/15 in 2.4 beurte), Zander Zaayman (2/6 in 2 beurte) en Ruald Stoop (2/12 in 2 beurte) beperk. Gimmies se stertkantkolwers het hardnekkige teenstand aan die einde van die beurt gebied, maar dit was te min te laat.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!















