Photo GalleriesSportSportSport

DF wen naelbyt-krieketstryd

VANDERBIJLPARK. – Die wilgerlatte klap en die paaltjies spat die afgelope paar weke in die Vaaldriehoek. Maar dis mos wat mens verwag wanneer die somer naderkruip. Die Laerskool DF Malherbe en Laerskool Vaalpark se o.11-krieketspanne het mekaar verlede week op Old Vaaltonians se velde aangedurf. Dit was ‘n taai wedstryd wat DF uiteindelik met drie …

VANDERBIJLPARK. – Die wilgerlatte klap en die paaltjies spat die afgelope paar weke in die Vaaldriehoek.
Maar dis mos wat mens verwag wanneer die somer naderkruip. Die Laerskool DF Malherbe en Laerskool Vaalpark se o.11-krieketspanne het mekaar verlede week op Old Vaaltonians se velde aangedurf. Dit was ‘n taai wedstryd wat DF uiteindelik met drie paaltjies gewen het. Die Vanderbijlparkers het 91/7 aangeteken, waarna Vaalpark vir 87 lopies uitgeboul is, danksy goeie boulwerk deur die tweemanskap Kriegler Botha (4/15) en Joshua Marshall (4/15).

Die Laerskool DF Malherbe in Vanderbijlpark se o.11-krieketspan het verlde week op Old Vaaltonins se velde swaarde met sy eweknie Laerskool Vaalpark gekrui. Foto’s: Ettienne van Rensburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button