Photo GalleriesSportSportSport

Hoekies wys hul staal in Noordvaal

Ettienne van Rensburg VANDERBIJLPARK. – Die menslike gees kan enigiets oorwin.  Dit het die o.16-seunshokkiespan van die Hoërskool Driehoek bewys toe hy onlangs tweede in die Noordvaal-kompetisie in Krugersdorp geëindig het. Ondanks min speeltyd op die astro en proewe wat weens die skool se brugtragedie eers bitter laat in die seisoen kon plaasvind, het die …

Ettienne van Rensburg
VANDERBIJLPARK. – Die menslike gees kan enigiets oorwin.  Dit het die o.16-seunshokkiespan van die Hoërskool Driehoek bewys toe hy onlangs tweede in die Noordvaal-kompetisie in Krugersdorp geëindig het.
Ondanks min speeltyd op die astro en proewe wat weens die skool se brugtragedie eers bitter laat in die seisoen kon plaasvind, het die span sy staal gewys.
Die span het in sy opmars tot die eindstryd onder meer vir Hoërskool Monument (3-1), Louis Trichardt (3-1) en Rustenburg met 5-3 geklop.
Die span het egter sy kaptein en sterspeler, Divan Booyens, in sy sege oor Louis Trichardt met ‘n ernstige besering verloor. In die uitspeelrondes het die Hoekies Lichtenburg met 6-1 en Rustenburg met 5-3 ore aangesit, maar is in die eindstryd met 4-1 deur die Hoërskool Secunda geklop. Wat individuele toekennings betref, is Hoekies se LC Steyn en Stefan Olivier onderskeidelik as die Doelskieter van die Toernooi en Doelwagter van die Toernooi aangewys.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button