Photo GalleriesSportSportSport

Video en videogalery: Sedibeng 1ste liga Sasol vs New Vaal

VANDERBIJLPARK. – Die eerste krieketspan van Vanderbijlpark het Saterdag ’n groot opskudding veroorsaak toe hy Vereeniging in die Sedibeng eersteliga geklop het. In nog eersteliga-kragmetings het die Ratels op die wenkoers gebly toe hulle Old Vaal geklop het. Vir Old Vaal het D. Aucamp (21) en OJ van Rooyen (17) met die kolf uitgeblink. Vir …

VANDERBIJLPARK. – Die eerste krieketspan van Vanderbijlpark het Saterdag ’n groot opskudding veroorsaak toe hy Vereeniging in die Sedibeng eersteliga geklop het.
In nog eersteliga-kragmetings het die Ratels op die wenkoers gebly toe hulle Old Vaal geklop het.
Vir Old Vaal het D. Aucamp (21) en OJ van Rooyen (17) met die kolf uitgeblink.
Vir die Ratels was B. Heine (3/41) en N. Erasmus (4/41) hul beste boulers.
N. Erasmus (51) was die Ratels se top kolwer. Z. Mariti (2/14) was Old Vaal se voorste bouler.
New Vaal het op sy beurt sy eerste sege behaal toe hy Sasol op sy tuisveld met 7 paaltjies geklop het.
Sasol het die loot gewen en eerste gaan kolf en het ‘n mededingende 221 lopies aangeteken, danksy goeie kolfwerk deur J. Malherbe (73) en E. Bezuidenhout (51). Q. Kleinhans en G. Moloney het met die bal vir New Vaal uitgeblink. New Vaal se kolwers het egter maalvleis van die teiken gemaak om met 7 paaltjies te seëvier.
R. Havenga (54) en H. Viljoen (86) het New Vaal se kolfaanslag gelei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button