Photo GalleriesSportSportSport

Dokkies wen atletiek-lottery twee in ‘n ry

MEYERTON. – Dis soos om die atletiek-lottery twee keer in vyf dae te wen. Dis hoe die Hoërskool Dr. Malan se welslae vandeesweek beskryf kan word. Die skool het Woensdag in Roodepoort op die Ruimsig-stadion sy stoutste drome bewaarheid toe hy die Groep 3 en 4 Super Interhoër gewen het. Die skool se atletiekspan se …

MEYERTON. – Dis soos om die atletiek-lottery twee keer in vyf dae te wen.

Dis hoe die Hoërskool Dr. Malan se welslae vandeesweek beskryf kan word. Die skool het Woensdag in Roodepoort op die Ruimsig-stadion sy stoutste drome bewaarheid toe hy die Groep 3 en 4 Super Interhoër gewen het. Die skool se atletiekspan se voete het skaars grond gevat nadat hy Saterdag op die DP de Villiers-stadion vir die vyfde opeenvolgende jaar as die wenner van die D7-Interhoër gekroon is.

“Dit is die grootste atletiek-prestasie in die skool se geskiedenis. Dit is die eindresultaat van ses jaar se harde werk. Ons het in groep 8 begin en onsself opgewerk. Elke afrigter, ouer, atleet en ondersteuner verdien ‘n klop op die skouer,” het Dirk Pienaar, sport-organiseerder van die Hoërskool Dr. Malan, aan Vaalweekbad gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button