Photo GalleriesSportSportSport

Jeugweke en provinsiale toernooie nou amptelik gekanselleer

Ettienne van Rensburg VANDERBIJLPARK. – Noel Ingle, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Hoërskole Rugbyvereniging (SAHRV), het op 21 April in ‘n amptelike skrywe bevestig dat die onderskeie nasionale jeugweke nie vanjaar gaan plaasvind nie. Die wêreldwye Covid-19 pandemie het ‘n verwoestende en ongekende uitwerking op alle gebiede, en die sportwêreld het dit nie vrygespring nie. SAHRV …

Ettienne van Rensburg

VANDERBIJLPARK. – Noel Ingle, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Hoërskole Rugbyvereniging (SAHRV), het op 21 April in ‘n amptelike skrywe bevestig dat die onderskeie nasionale jeugweke nie vanjaar gaan plaasvind nie. Die wêreldwye Covid-19 pandemie het ‘n verwoestende en ongekende uitwerking op alle gebiede, en die sportwêreld het dit nie vrygespring nie.

SAHRV in samewerking met SA Rugby en SARU het elke moontlikheid ondersoek, maar die spelers se veiligheid word eerste gestel. Die o.18 Internasionale Toernooi sal ook nie vanjaar plaasvind nie en sal moontlik eers in 2021 hervat.

Die weke en toernooie wat nou amptelik gekanselleer is, is:

  • SA Rugby provinsiale o.13 and o.17-sewes
  • SA Skole o.18-kompetisie
  • SA Rugby provinsiale o.19-kompetisie
  • SA Rugby provinsialeo.20-kompetisie
  • SA Rugby povinsilae sewes-kompetisie

Intussen het die Pumas se Laerskole Rugbyvereniging alle rugbywedstryde en byeenkomste vir 2020 gekanselleer. Dit blyk dat alle provinsies uiteindelik die roete gaan volg. Alle hoërskole hokkie asook atletiek is reeds gekanselleer en almal hou asem op oor wanneer die skole gaan heropen. Die Noordvaal Hoërskole Rugbyvereniging vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar, maar dit begin al hoe meer onwaarskynlik lyk dat hoërskolerugby enigsins in 2020 sal voortgaan.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button