Photo GalleriesSportSportSport

NWU bied virtuele wedloop vir almal aan

Die NWU gaan van 06:00 tot 09:00 op 16 Mei sy heel eerste 5 km- Virtuele Pretloop vir studente, personeel, lede van die gemeenskap en borge aanbied. Al wat jy nodig het om deel te neem, is ‘n slimtoestel of -foon wat jou sal help om aan die einde van die pretloop jou tyd op Wufoo …

Die NWU gaan van 06:00 tot 09:00 op 16 Mei sy heel eerste 5 km- Virtuele Pretloop vir studente, personeel, lede van die gemeenskap en borge aanbied.

Al wat jy nodig het om deel te neem, is ‘n slimtoestel of -foon wat jou sal help om aan die einde van die pretloop jou tyd op Wufoo aan te teken.  Plekke sal aan alle hardlopers toegeken word.

Die publiek word aangemoedig om te registreer, aangesien daar ‘n aantal groot pryse te wen is. Registrasie sluit op Vrydag 15 Mei om 09:00.

“Ná registrasie sal alle deelnemers meer inligting via e-pos ontvang. Ons doen ook ‘n beroep op alle deelnemers om aan die vlak 4-inperkingsregulasie te voldoen deur binne ‘n 5 km-radius van hulle huis te bly wanneer hulle hardloop,” sê NWU se belanghebberverhoudingepraktisyn Louis Janse van Rensburg.

Om deur middel van Wufoo vir die pretloop te registreer, klik hier

Vir meer inligting kontak Louis Janse van Rensburg via e-pos by specialevents@nwu.ac.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button