Photo GalleriesSportSportSport

Scott-broers se rugbydroom vernietig

Ettienne van Rensburg VANDERBIJLPARK. – Vir so lank as wat hy kan onthou, is sport die middelpunt van sy bestaan. Daar word vir die 20-jarige Hugo Scott, skrumskakel van NWU Vaal se eerste rugbyspan ‘n groot rugbytoekoms voorspel, maar alles is vir nou op ys gesit. Sy droom om vanjaar saam met sy ouer broer …

Ettienne van Rensburg
VANDERBIJLPARK. – Vir so lank as wat hy kan onthou, is sport die middelpunt van sy bestaan. Daar word vir die 20-jarige Hugo Scott, skrumskakel van NWU Vaal se eerste rugbyspan ‘n groot rugbytoekoms voorspel, maar alles is vir nou op ys gesit.
Sy droom om vanjaar saam met sy ouer broer Hardus (23) vir NWU Vaal se eerste rugbyspan te speel, lê weens die uitbreek van Covid-19 wat sport wêreldwyd tot ‘n stilstand geruk het, aan skerwe.
Hugo is op 10 Oktober 1999 in Krugersdorp aan die Wes-Rand gebore. “Ek is reeds van kleins af by verskeile sportsoorte soos rugby, krieket en atletiek betrokke en is aan rugby blootgestel vandat ek gekruip het.
“My groot liefde vir rugby het in my eerste jaar van universiteit gegroei en ek het die sport ernstig begin beoefen,” vertel hy.

Hugo Scott

Dié oudleerling van die Hoërskool Noordheuwel erken ruiterlik dat dit bitter harde werk en deursettingsvermoë geverg het om te kom waar hy is.
Hy is onlangs vir die Valke se o.20-rugbyspan gekies en was ook deel van die Noordwes-Universiteit se Varsitybekergroep.
Hy is tans ‘n finalejaarstudent en gaan eersdaags met ‘n B.Com.-graad in Bestuurswetenskappe met Sportondernemingbestuur spog.
Net soos met sy studies, hou hy daarvan om op die veld die leisels styf vas te hou. “Ek verkies die posisie (skrumskakel) want ek hou daarvan om die spel te bepaal en in beheer te wees van die aanvallende- en verdedigende patroon wat die span volg,” sê hy vol selfvertroue.
Hy droom soos vele ander sterflinge om eendag Super- en Springbokrugby te speel en sal enige geleentheid aangryp om beroepsrugby oorsee te speel.
Maar sy drome strek verder as die rugbyveld. Hy het ook aspirasies om as administrateur sy voetspoor in rugby agter te laat. Maar vir nou mis hy die kameraadskap en ‘n koue bier na ‘n goeie wen. Hoewel die grendeltydperk sy gimnasiumwerk beperk, oefen hy steeds drie keer per dag.
“Ek probeer om by my normale roetine te hou en probeer elke dag om ten minste twee keer te hardloop en een sessie in die gimnasium deur te werk. Omdat ek nie gewigte het nie, doen ek elke dag liggaamsgewigoefeninge.
“Gewoonlik het ek elke oggend ‘n sessie van twee ure in die gimnasium, waar ek aan my krag, eksplosiewe krag en balans werk.
“Ek het dan NWU-instituut rugby oefening in die middag en in die aand oefen ons rugby. Ek volg glad nie ‘n spesiale dieet nie, ek hou te veel van my sweets en die student specials op kampus, daarom hardloop ek maar die kos af op die treadmill na elke sessie,” bieg hy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button