MotoringPhoto GalleriesSportSportSportSport

Meyerton-kolwers kook

VEREENIGING. – Die Meyerton-krieketklub kon danksy ‘n uitmuntende kolfvertoning deur sy sterkolwers – veral JP Kok en Divan du Toit – Saterdag die oorwinning beklink in hul wedstryd teen Vereeniging-krieketklub op die Dick Fourie-stadion. Meyerton is danksy Saterdag se oorwinning steeds onoorwonne in die plaaslike Cancer Awareness T20-reeks. Die besoekers het ‘n totaal van 217 …

VEREENIGING. – Die Meyerton-krieketklub kon danksy ‘n uitmuntende kolfvertoning deur sy sterkolwers – veral JP Kok en Divan du Toit – Saterdag die oorwinning beklink in hul wedstryd teen Vereeniging-krieketklub op die Dick Fourie-stadion.
Meyerton is danksy Saterdag se oorwinning steeds onoorwonne in die plaaslike Cancer Awareness T20-reeks.
Die besoekers het ‘n totaal van 217 lopies vir die verlies van slegs vier paaltjies aangeteken in hul toegelate 20 boulbeurte.
Die hoë telling het die tuisspan onder enorme druk geplaas, selfs nog voor hulle die kolfblad betree het.
Meyerton-krieketklub se JP Kok, wat as speler van die wedstryd aangewys is, het 79 lopies (nie uit nie) vir sy span aangeteken, wat 9 viere en 4 sesse insluit.
Ewe indrukwekkend was Divan du Toit se 64 lopies.
Wickus Botha (32) en Marcel Engelbrecht (14, nie uit nie) het ook met die kolf geskitter.
Vir die tuisspan het Bernico van Tonder (04/0/25/2 en 4/1/28/1) en Brian Ndimande (4/0/55/1) hul bes gedoen.
Vereeniging-krieketklub se Thabo Mofoka (32 nie uit nie), Ettienne Jordaan (30), Yeye Ghohenduku (15) en Brian Ndimande (15) het hul bes gedoen om met die kolf vir Vereeniging lopies aan te teken.
Brendon Nortjé (3/1/24/3), Wickus Botha (4/0/22/2) en Divan du Toit (3/0/1/1) het Meyerton se boulaanslag gelei.
Vereeniging-krieketklub het ‘n telling van 159 vir 10 in 18.4 boulbeurte behaal en het die wedstryd met 58 lopies verloor.
In die voorafgaande wedstryd het Old Vaal vir Sasolburg met 7 paaltjies gewen.
Nadat die Sasolburgers ‘n totaal van 118 lopies vir die verlies van 4 paaltjies kon aanteken in hul toegelate 20 boulbeurte, het Old Vaal 122 lopies vir die verlies van slegs drie paaltjies in 11.4 boulbeurte aangeteken.
Die puntestand in die Cancer AwarenessT20-reeks, is as volg:
Meyerton (12 punte), Vereeniging (8), Old Vaal (4) en Sasolburg (0).
* Meyerton speel teen Sasolburg in die halfeindstryd, terwyl Vereeniging Old Vaal die stryd sal aansê.
* Die Cancer AwarenessT20-reeks vind plaas danksy borgskappe van Riaan Pools en Pursue Financial Services.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button