Prag gholfdag op jeugdag
VANDERBIJLPARK. – Die Emfuleni Gholfbaan het onlangs Jeugdag met ‘n gholfdag gevier. Sowat 143 ywerige spelers het aan die gholfdag deelgeneem. Sowat 13 juniors en ‘n handjie vol van die Eva-geslag het die setperke aan die brand gespeel. Na die dag se 18 putjies is Naas en George Marais en Josua Pietersen senior en junior …

VANDERBIJLPARK. – Die Emfuleni Gholfbaan het onlangs Jeugdag met ‘n gholfdag gevier. Sowat 143 ywerige spelers het aan die gholfdag deelgeneem. Sowat 13 juniors en ‘n handjie vol van die Eva-geslag het die setperke aan die brand gespeel.
Na die dag se 18 putjies is Naas en George Marais en Josua Pietersen senior en junior as die onderskeie wenners aangewys.
Die chip- en set-kompetisie aan die einde van die lang dag was die kersie op die koek.
Die Emfuleni Gholfbaan spog met een van die bes toegeruste en mooiste bane in die Vaaldriehoek. Die lowergroen setperke en paadjies wat netjies geplavei is, getuig daarvan.
Volgens Richard le Roux, dié gholfbaan se klubkaptein, is hulle baie tevrede met die ondersteuning wat die gholfdag gekry het.


