Local newsSportSport

Dit gaan sesse reën

VEREENIGING. – Die Vaal Youth Cricket Club se Sixes Winter Bash wat Maandagmiddag op Verref se velde afskop gaan vir witwarm aksie sorg. Die Krieketreeks vir o.10 en o.12-spanne is soos manna uit die hemel vir die jong krieketspelers van die Vaaldriehoek wat soos resiesperde rondtrippel om weer wilgerlat te kan swaai. Die reeks skop …

VEREENIGING. – Die Vaal Youth Cricket Club se Sixes Winter Bash wat Maandagmiddag op Verref se velde afskop gaan vir witwarm aksie sorg.

Die Krieketreeks vir o.10 en o.12-spanne is soos manna uit die hemel vir die jong krieketspelers van die Vaaldriehoek wat soos resiesperde rondtrippel om weer wilgerlat te kan swaai.

Die reeks skop Maandagmiddag om 14:00 af wanneer die PFJ Warriors en die Rockets mekaar die stryd aansê. Die laaste wedstryde vind Saterdag 3 Julie plaas.

Die bepalings is:

28 Junie: 14:00: o.10: PFJ Warriors vs Rockets; 15:30: o.10: Young Cursaders vs Dekalb Chargers. 29 Junie: 14:00: o.12: Rockets vs Rising Sunset Sixers; 15:30: o.12: Dekalb Chargers vs FJP Warriors. 30 Junie: 14:00: o.10: PFJ Warriors vs Young Crusaders; 15:30: o.10: Rockets vs Dekalb Chargers. 1 Julie: 14:00: o.12: Rockets vs Dekalb Chargers; 15:30: o.21: Rising Sunset Sixers vs FJP Warriors. Saterdag 3 Julie 09:00: o.10: Rockets vs Young Cursaders. 10:30: o.21: Rising Sunset Sixers vs Dekalb Chargers; 11:00: o.10: PFJ Warriors vs Dekalb Chargers; 12:30: o.12: Rockets vs FJP Warriors. 14:00: Prysuitdeling.

Illustrasiefoto: Ettienne van Rensburg

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button