AVT-Landloopliga uitgestel
VANDERBIJLPARK. – Atletiek Vaaldriehoek (AVT) se landloopliga is weens die verwoestende derde golf van die Covid19-pandemie tot verdere kennisgewing uitgestel. Die eerste byeenkomste het landloop uit die boonste opgelewer maar weens die vinnige groeiende getalle van infeksie veral in Gauteng het AVT besluit om die verantwoordelike ding te doen en die reeks uit te stel. …
VANDERBIJLPARK. – Atletiek Vaaldriehoek (AVT) se landloopliga is weens die verwoestende derde golf van die Covid19-pandemie tot verdere kennisgewing uitgestel. Die eerste byeenkomste het landloop uit die boonste opgelewer maar weens die vinnige groeiende getalle van infeksie veral in Gauteng het AVT besluit om die verantwoordelike ding te doen en die reeks uit te stel.
As alles volgens plan verloop sal AVT se Spring Dash Series op Woensdag 1 September om 15:30 op die DP de Villiers-stadion in Sasolburg afskop. Die byeenkoms word in samewerking met Transvalia Atletiekklub aangebied. Die ouderdomsgroepe waarvoor daar tydens die blitsbyeenkomste gereed gemaak word, is: o.11, o.13, o.16, o.18, o.20 en o.25. Dié blitsbyeenkomste sal die 1,8,15,22 en 29 September plaasvind met bykomende byeenkomste vir o.16, o.18, o.20 en o.25-atlete wat op die 3, 10 en 24 September plaasvind.
