Local newsSportSport

Overvaal en Dokkies spog met twee in Suid-Afrikaanse span

VANDERBIJLPARK. – Die Hoërskool Dr. Malan en Overvaal het rede om breëbors rond te loop. Vier van hulle sportsterre is gekies om van 3 tot 12 Desember aan die AUSC Region V Spele in Maseru, Lesotho deel te neem. Die Dokkies spog met Maritske Rautenbach (netbal) en Julienne Strydom (verspring) wat onderskeidelik die netbal- en …

VANDERBIJLPARK. – Die Hoërskool Dr. Malan en Overvaal het rede om breëbors rond te loop.
Vier van hulle sportsterre is gekies om van 3 tot 12 Desember aan die AUSC Region V Spele in Maseru, Lesotho deel te neem. Die Dokkies spog met Maritske Rautenbach (netbal) en Julienne Strydom (verspring) wat onderskeidelik die netbal- en atletiekspan gehaal het.
Die Hoërskool Overvaal se driesprongkoning, Ethan Olivier moes egter weens ‘n besering aan die span onttrek, maar sy mede-Ovie, Demi Walter sal in die 57kg-afdeling haar staal op die Judo-mat wys.
Na wat verneem word gaan die leerlinge met hul deelname aan dié Spele volwaardige Protea-kleure vir hulle harde werk en toewyding verwerf. Dit is voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees.
* Vaalweekblad is baie trots op die leerlinge en gaan hul deelname met ‘n valkoog dophou.

Demi Walter
Ethan Olivier
Maritske Rautenbach 
Julienne Strydom

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button