Local newsSportSport

Fonteine se atletiektalent borrel en bruis

SASOLBURG. – Die Laerskool Fonteine se Kleursport Atletiekbyeenkoms wat onlangs plaasgevind het, het atletiek uit die boonste rakke opgelewer. Na Covid19 die handrem op skolesport opgetrek het, was dit ‘n welkome gesig om die skool se atlete weer in aksie te sien. Die rasieleiers het ook weer gesorg dat daar ‘n lekker atmosfeer op die …

SASOLBURG. – Die Laerskool Fonteine se Kleursport Atletiekbyeenkoms wat onlangs plaasgevind het, het atletiek uit die boonste rakke opgelewer. Na Covid19 die handrem op skolesport opgetrek het, was dit ‘n welkome gesig om die skool se atlete weer in aksie te sien. Die rasieleiers het ook weer gesorg dat daar ‘n lekker atmosfeer op die pawiljoen geheers het.

Ryan Hamilton van Laerskool Fonteine in Sasolburg maak gereed om die diskus lug te gee.
Kylin Fourie maak gereed om die spies tydens die Laerskool Fonteine se kleursport atletiekbyeenkoms te slinger.
Die Rasieleiers van die Rooispan is, voor van links: Floris Pretorius, Theuns van Rensburg, Nicolaas Valentgoed en Josh van der Westhuizen. Agter van links: Olivia Paris-Coetzee, Amy Slabbert, Bernadine van Wyk, Lelani van den Berg, Kaylin Odendaal, Bianca van der Merwe en Maryke Scholtz.
Die Blouspan se rasieleiers is van links: Heinrich Davel, Carl Coetzer, Rickus Chamberlian, Aldo Fourie, Bula Cebani, Henri Kruger, Tiffany Flattery, Kylin Fourie, Lianné Kriel, Denica Hamilton, Elisha Collett en Delinda Coetzee.
Jayden Lambert van die Laerskool Fonteine seil oor die dwarslat.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button