Local newsSportSport

Rekords spat soos Rissipitte

SASOLBURG. – Die rekords het lekker gespat tydens die Laerskool Risiville se Interhuisbyeenkoms wat onlangs op die DP de Villiers-stadion plaasgevind het. Risiville se atlete het gewys dat daar hope talent in hulle geledere is en mens kan net duim vas hou dat 2022 se atletiek-seisoen van begin tot einde sal plaasvind.  

SASOLBURG. – Die rekords het lekker gespat tydens die Laerskool Risiville se Interhuisbyeenkoms wat onlangs op die DP de Villiers-stadion plaasgevind het.

Risiville se atlete het gewys dat daar hope talent in hulle geledere is en mens kan net duim vas hou dat 2022 se atletiek-seisoen van begin tot einde sal plaasvind.

Dianke Geldenhuys in aksie tydens die Laerskool Risiville se Interlaer-byeenkoms. Foto’s: Desireé Fourie
Anja Pitout lê rieme neer.
Franco Farquhar laat sy bene die praatwerk doen.
Dubbeldoor aksie. Owen en Nua Meyer hardloop laat die biesies bewe.
Nie eers die reën kon die deelnemers se veggees blus nie. 
Lynné Heymans, naelloopblits van die Laerskool Risiville in Vereeniging, het tydens die Rissies se Interhuisbyeenkoms op die DP de Villiers-stadion in Sasolburg die 150m-rekord vir d.o/12 met ‘n spogtyd van 20.09s verbeter. Sy het ook die 100m-naellope gewen. Hier is sy op pad wenpaal toe.
Zehan Spangenberg het ‘n nuwe rekord in die 1200m vir s.o/10 in ‘n tyd van 4:19:60 opgestel.
Hou bene hou! Tiaan van der Walt van die Laerskool Risiville het die 800m-Interhuisrekord vir s.o/13 in ‘n spogtyd van 2:17:22 verbeter.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button