Fonteine-atlete skitter
SASOLBURG. – Die Laerskool Fonteine het tydens die skool se pasafgelope Uitnodigingsbyeenkoms op die DP de Villiers-stadion gewys dat daar baie is om na uit te sien. Sowat 13 skole het aan die gesogte byeenkoms deelgeneem. Die atlete wat goeie prestasies gelewer het, is: Zandro Nel (2de plek 60m s.o/8 in 9.91 sek), J Visser kom …
SASOLBURG. – Die Laerskool Fonteine het tydens die skool se pasafgelope Uitnodigingsbyeenkoms op die DP de Villiers-stadion gewys dat daar baie is om na uit te sien. Sowat 13 skole het aan die gesogte byeenkoms deelgeneem. Die atlete wat goeie prestasies gelewer het, is: Zandro Nel (2de plek 60m s.o/8 in 9.91 sek), J Visser kom (2de plek s.o/10 100m in 14.24 sek), Rudolf Swanepoel (2de plek 100m s.o/12 in 12.59 sek, 1ste 75m-hekkies in 12.29 sek); Laryn Venter (2de 50m-hekkies d.o/12 in 25.47 sek, 1ste verspring3,96m), Jayden Gaybba (2de 200m Hekkies s.o/13 met ‘n tyd van 31.59 sekondes), Kylin Fourie (1ste spiesgooi d.o/13 28.96m en 1ste diskus 24.97m), Chantelique Smith (1ste hoogspring d.o/11 1.20m), Janika le Riche (2de gewigstoot d.o/11 7.60m), Lijane Janse van Rensburg (1ste d.o/12 gewigstoot 9.05m en 1ste diskus 20.51m) en Denica Hamilton (2de diskus s.o/13 22.77m).
