Gimmies se Astrid skitter op die baan
VEREENIGING. – Sy is klein en fyn, maar moenie dat dit jou mislei nie. Astrid Fourie, ster-atleet van die Vereeniging Gimnasium, is ‘n gedugte teenstander op die atletiekbaan. Daarvan getuig haar tye die seisoen. Sy het Vrydagaand weer gewys wat in haar steek toe sy by die Hoërskool Florida se Prestige-byeenkoms aan die Wes-Rand presteer …
VEREENIGING. – Sy is klein en fyn, maar moenie dat dit jou mislei nie. Astrid Fourie, ster-atleet van die Vereeniging Gimnasium, is ‘n gedugte teenstander op die atletiekbaan. Daarvan getuig haar tye die seisoen. Sy het Vrydagaand weer gewys wat in haar steek toe sy by die Hoërskool Florida se Prestige-byeenkoms aan die Wes-Rand presteer het. Sy het die 400m vir dogters o.14 in tyd van 1:00.20 gewen en 849 tabelpunte in die proses verdien. Sy het ook in die 200m (25.80s en 886 punte) en 100m-naellope (12.70s en 840 punte) eerste plekke behaal. Mens sien uit na wat sy op 19 Februarie tydens die plaaslike Interhoërskole-byeenkoms by die DP de Villiers-stadion in Sasolburg gaan vermag.

