MotoringPhoto GalleriesSportSportSportSport
Interhoër sonder dirigente soos partytjie sonder musiek
SASOLBURG. – Die besluit om toeskouers bo dirigente voorkeur te gee was ongetwyfeld die regte een. Dié besluit het egter ‘n merkbare invloed op die feestelike atmosfeer by vanjaar se D7-Interhoër atletiekbyeenkoms gehad wat Saterdag 19 Februarie op die DP de Villiers-stadion plaasgevind het. Hoewel die afwesigheid van die dirigente, kleurvolle pawiljoene en sangkrete soos …

SASOLBURG. – Die besluit om toeskouers bo dirigente voorkeur te gee was ongetwyfeld die regte een.
Dié besluit het egter ‘n merkbare invloed op die feestelike atmosfeer by vanjaar se D7-Interhoër atletiekbyeenkoms gehad wat Saterdag 19 Februarie op die DP de Villiers-stadion plaasgevind het.
Hoewel die afwesigheid van die dirigente, kleurvolle pawiljoene en sangkrete soos ‘n danspartytjie sonder musiek was, beteken dit nie dat die atlete nie vir die regte note gesorg het nie.
Daar was baie om oor opgewonde te raak en selfs ‘n oorwinnings-riel te dans. Vaalweekblad se kameras was daar om van die hoogtepunte vas te vang.
















