Valia laat Menlo harde bene kou
VANDERBIJLPARK. – Menlopark 24, Transvalia 17. Dit klink eenvoudig, maar maklik was dit beslis nie. Daarvan getuig die rustydtelling van 10-10. Valia het in die eerste helfte van die vriendskaplike wedstryd gebeidsvoordeel geniet, maar het te veel ongedwonge foute gemaak en kon nie afrond nie. Die tuisspan het in die tweede helfte twee drieë afgestaan …
VANDERBIJLPARK. – Menlopark 24, Transvalia 17. Dit klink eenvoudig, maar maklik was dit beslis nie. Daarvan getuig die rustydtelling van 10-10. Valia het in die eerste helfte van die vriendskaplike wedstryd gebeidsvoordeel geniet, maar het te veel ongedwonge foute gemaak en kon nie afrond nie.
Die tuisspan het in die tweede helfte twee drieë afgestaan om die besoekers met 24-10 te laat voorloop. Valia se momentum is verder met twee beserings voorlangs versteur waarvan die grootste terugslag was toe sy kaptein en sesflank, Heinrich Bisschoff, die veld verlaat het.
Vanderbijlparkers het na ‘n goeie dryfmaalbeweging gaan druk om die telling 24-17 te maak, maar dit was ongelukkig te min te laat.
“Ons was nie geduldig genoeg nie en kon nie afrond nie. Maar ons is baie positief en werk na die Noordvaal-liga toe wat die 7de Mei teen HS Ben Vorster in Tzaneen begin,” het Tiaan Valentine, hoofafrigter van die Hoërskool Transvalia se eerste rugbyspan, na sy span se nederlaag gesê.
Puntemakers: Menlopark 24 (10): Onbekend
Transvalia 17 (10): Drieë: Kéan Rossouw en Devon Strydom.
Strafdoel: Duan du Toit. Doelskoppe: Duan du Toit (2).
Kéan Rossouw, van die HS Transvalia se eerste rugbyspan rond ‘n puik breekslag af met ‘n drie langs die pale. Foto’s: Ettienne van Rensburg



