Trane van ongeloof aan die eenkant van die veld en trane van blydskap aan die ander kant van die veld. Dit was die toneel wat hom Vrydagaand op die DP de Villiers-stadion afgespeel het.
Vreugde sonder perke! Die Kapoeners vier fees nadat hulle die Spanners in hulle jraalikse derby geklop het. Foto's: Ettienne van Rensburg
SASOLBURG. – Die eerste rugbyspan van die HTS Sasolburg ly steeds aan bomskok nadat hy Vrydagaand (19 Mei) op die DP deVilliers-stadion deur Sasolburg HS net-net met 18-17 in sy jaarlikse FNB Classic Clash geklop is.
‘n Strafdoel in die doodsnikke van die kragmeting het die sege voor die Spanners weggeraap.
SHS se spelers sing hulle kreet uit volle bors.
Lees vandeesweek in Vaalweekblad die volledige wedstrydverslag
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za