VANDERBIJLPARK. – Vannaand om 20:40 gaan die hele Vaaldriehoek voor die televisie vasgenael wees wanneer die Vaaldriehoeker Marione Fourie in die blokke sak in die halfeindronde van die 100m-hekkies vir vroue tydens die Wêreld Atletiek Kampioenskap in Budapest.
Marione ‘n oud-leerling aan die HS Driehoek in Vanderbijlpark is tans die Suid-Afrikaanse kampioen en SA-rekordhouer in die item.
Sy het met ʼn tyd van 12.71s derde in haar lopie geëindig, ʼn kort kop agter Pia Skrzyszowska (12.65s) en die Amerikaner Nia Ali (12.55).
*Die wedloop word vanaand om 20:40 op Supersport uitgesaai
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
