SportSportSportSport

Vaal se hekkieskoninging terug met ‘n knal

Die 2024 atltiekseisoen gaan baie hoogtepunte vir Logan Venter inhou

MEYERTON. – Raai wie’s terug met ‘n reuse-slag?!

Na 18 maande wat die beseringspook haar bloots gery het, het Logan Venter, die Hoërskool Dr. Malan se hekkies-koningin, met haar rekordvetoning die naweek by die Hoërskool Noordheuwel se Top 10-byeenkoms haar terugkeer luidkeels uitbasuin.

ʼn Stresfaktuur in haar voet en ernstige dyspierbesering het haar lank buite aksie gehou. Die lang en geduldige pad na herstel het Vrydag 13 Oktober vrugte gewerp toe sy die 400m-hekkiesrekord vir d.o/19 wat in 2014 opgestel is in ʼn tyd van 62.95s verbeter het.

Logan Venter glimlag breed nadat sy ‘n welkome terugkeer tot die baan gemaak het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button