SportSportSportSport

Valia bergfietsryers presteer alweer

Bergfietsry is nie verniet die vinnigste groeiende sportsoort in Suid-Afrika nie

VANDERBIJLPARK. – Die voormalige Amerikaanse president, John F. Kennedy het by geleentheid gesê: ‘Daar is min dinge wat kers vashou met die eenvoudige vreugde van op ’n fiets klim en ry. By die Hoërskool Transvalia is die vreugde van fietsry die wegspringpunt – en prestasie die bonus! Na die Covid19-pandemie moes die skool van voor af bou aan spandiepte.

Die vrugte word nou gepluk. 2023 was ’n besondere goeie fietsryjaar. In die Cycle Labskolereeks is die provinsiale roete getrap en Valia het by elkeen van die bene Top 5 behaal. Daar is selfs ’n wen of ses ingepalm.

Die uitnodiging na die SA bergfietskampioenskappe in Brits staan uit as vanjaar se topprestasie. Beide die dogter- en seunspan van Valia kwalifiseer vir nasionale deelname.

89 Skole van so ver as Namibië het die speke laat sing. Valia eindig 11de.

Vir ’n jong span is dit ’n formidabele prestasie. By die jaarlikse Gauteng Cycling Colours se toekenningseremonie ontvang die volgende fietryers toekennings: Divan de Klerk (distrikkleure), Jano van der Merwe (distrikkleure vir bergfiets, marathon en Olimpies, asook Gautengkleure vir marathon), Shanique Marx (distrikkleure sowel as Gautengkleure vir padfiets).

Shanique is ook die mees belowende junior damesfietsryer), Jean-Paul van Dyk, die spankaptein, stel ’n goeie voorbeeld deur die 94.7 ten bate van borskanker te ry. Dit stop nie hier nie.

Hy neem ook deel aan driekamp en behaal ’n derde plek in die Tinman Joburg Sprint Triathlon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button