SportSportSportSport

Driehoek bied Super Inter met onderskeiding aan

Skole-atletiek in die Vaaldriehoek is blakend gesond

SASOLBURG. – Nickus Maritz, bobaas veldatleet van die HS Driehoek in Vanderbijlpark het sy skool se naam tydens die NWU Groep 4 Super Interhoër hoog gehou.

Die byeenkoms is 26 februarie op die DP de Villiers-stadion deur die Hoekies met onderskeiding aangebied.

Maritz het weer sy klas gewys toe hy die diskus en gewigstoot vir seuns o.16 met rekordpogings van 47.80 m en 17.37 m gewen het. Die ander Hoekie-atlete wat uitgeblink het, was Zenique Strydom wat die 300 m-hekkies vir d.o/15 in 50.91s gewen het en 757 tabelpunte verdien het.

JP Theron het ook sy bydrae gelewer toe hy die gewigstoot vir seuns o.15 met ‘m stoot van 12.25 m gewen het om 766 punte te verdien. Kian du Toit het voorts die 5 kg gewigstootbal met 13.94 m verder laat neerplons om die gewigstoot vir seuns o.17 te wen en 766 punte in die proses in te versame

Marcus Hartman van Driehoek seil oor die dwarslat. Foto’s: Ettienne van Rensburg
Kiara Raubenheimer een van die HS Driehoek se dirigente sing uit volle bors.

Eon van der Westhuizen van Driehoek laat wiel in die naellope.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button