Sello Tsebe koel af tydens die Cape Gate Vaal Marathon. Foto's: Ettienne van Rensburg
VEREENIGING. – Sowat 2 500 atlete het Sondag 3 Maart douvoordag aangetree vir die Cape Gate Vaal Marathon. Die marathon maak voorsiening vir vyf afstande 5km, 10km, 21.1km, 30km en 42.2km en dien ook as ‘n kwalifiserende marathon vir die Comrades Ultra Marathon.
Met verskeie marathons wat die naweek plaasgevind het, het die inskrywingsgetalle bietjie daar onder gelei maar dit het geen invloed van die gehalte van inskrywings gehad nie.
Die plaaslike reëlingskomitee verdien weer ʼn pluimpie vir ʼn puik marathon wat hulle aangebied het.
Kgotlelelo Lekalakala het tweede in die 21.1km halfmarathon geëindig.Thabiso Mosekili van ArcelorMittal Atletiekklub het tweede (2:32.28) in die 42.2km marathon geëindig.Katlego Nkwane van Meyerton Atletiekklub glimlag breed.Gerda Steyn het die Cape Gate Vaal Marathon in rekordtyd van 2:43:30 gewen.Plaaslike driekamp-atleet Rudolf Naudé het sy hardlooptalente in die 42.2km marathon uitgestal.Aksie tydens die Cape Gate Vaal Marathon.Sandi Maqoqa een van die vroue-deelnemers in aksie tydens die Vaal Marathon.Assie van Aswegen van Vanderbijlpark het die 42.2km marathon in 4:02:41 afgelê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za