SportSportSportSport

Naweek propvol sport

Haal solank jou skottelbraai uit en trek daardie gemakstoel nader hierdie naweek is daar lekker sport in die Vaal

VANDERBIJLPARK. – Daar lê ‘n naweek propvol sport vir sportliefhebbers in die Vaaldriehoek voor.

Eerskomende Saterdag kan rugbyliefhebbers kies en keur waar om hulle gemakstoele op te slaan. In Vanderbijlpark kom die HS Transvalia teen HS Kempton Park in die NWU-reeks te staan.

Die eerste wedstryd skop reeds om 09:00 met die eerste spanne wat om 12:45 koppe sal stamp.

Wat klubrugby betref is daar ook ‘n paar lekker kragmetings op die spyskaart. In Meyerton kom Vanderbijlpark rugby klub teen die Knights om 14:30 te staan.

Die Noordwes-Universiteit se rugbyspanne kom op die Oewers van die Vaalrivier teen Brits te staan in ‘n vriendskaplike kragmeting.

Diegene wat ‘n soettand vir krieket het kan Saterdag by die HS Driehoek gaan inloer. Die Hoekies se dogterspan kom teen Wesvalia te staan.

Anderkant die Vaalrivier durf die Hoërskool Sasolburg vir die HTS Klerksdorp aan. Dan laaste maar nie die minste nie bied Pimêre Skool Fonteine sy jaarlikse sportdag aan. Die eerste wedstryde skop om 07:30 af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button