SportSportSportSport

V’niging en NWU Vaal skitter in Presidentsbeker

Die Vaaldriehoek se vaandeldraers in die Valke se Presidentbeker het nie teleurgestel nie

VANDERBIJLPARK. – Die eerste rugbyspanne van die Noordwes-Univesiteit se Vanderbijlpark kampus en die Vereeniging Rugbyklub het hul veldtog in die Valke se Presidentsbeker gister met oorwinnings oor Boksburg en Springs afgeskop.

Vereeniging het hul kragmeting met 66-12 gewen voordat die kragmeting in die 72ste minuut weens weerlig gestaak is. Sweef Potgieter, V-town se nuuste aanwins uit die Oos-Rand, het met vier drieë die manne van Vereeniging se aanslag gelei.

Die NWU Vaal Eagles het Springs met 17-7 geklop om tot die volgende rondte van die reeks deur te dring.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button