SportSportSportSport

Dokkies wys SHS wie is baas

MEYERTON. – Die eerste rugbyspan van die HS Dr. Malan het op Saterdag 13 April op sy tuisveld ‘n karaktertoets geslaag toe hy ‘n begeesterde aanslag van die Hoërskool Sasolburg afgeweer het om met 22-13 te seëvier. “Ons het goed meegeding en ons man in elke faset gestaan. Ek dink nie Malan het dit verwag …

MEYERTON. – Die eerste rugbyspan van die HS Dr. Malan het op Saterdag 13 April op sy tuisveld ‘n karaktertoets geslaag toe hy ‘n begeesterde aanslag van die Hoërskool Sasolburg afgeweer het om met 22-13 te seëvier.

“Ons het goed meegeding en ons man in elke faset gestaan. Ek dink nie Malan het dit verwag nie. Baie van die jongmanne het hulle hande opgesteek.

Dit is baie goeie voorbereiding vir die seisoen wat voorlê,” het SW Smit, afrigter van die Hoërskool Sasolburg se eerste rugbyspan na sy span se nederlaag gesê.

Volgens Pierre Lombard, die HS Dr. Malan se direkteur van rugby, is hy tevrede met die eerste span se sege, maar hy besef dat daar harde werk voorlê voordat hulle Potchefstroom Gimnasium op 4 Mei aandurf.

“Ons het met rukke en stote gespeel en ons het te veel strafskoppe afgestaan wat ons momentum gekos het.”

Nog uitslae: Netbal: Eerstes. DM 43, SHS 12. Tweedes: DM 8, SHS 6. o.16A: DM 18, SHS 15; o.16A: 18, SHS 15; o.16B: DM 23, SHS 9; o.15A: DM 19, SHS 13 en o.15B: DM 21, SHS 7. Hokkie : Eerste span: DM 7, Overvaal 0. Tweedespan: DM 3, Overvaal 0. o.15: DM 9, Overvaal 1 en o.14: DM 5, Overvaal 0.

Alex Roodman van SHS hou twee dikkie-verdedigers besig.
Logan Venter van Dokkies se eerste hokkiespan in aksie.
Qihan Swanepoel van Dokkies duik oor die doellyn.
Lynstaan-aksie tydens die eerstespan-kragmeting.
Luka Pretorius rank hoog in ide lug om ‘n skop te bemeester.
Twee teen een! Die Dokkies se eerstespan se verdediging was rotsvas.
Christephie Strydom van Dokkies se eerste netbalspan rank hoog in die verdediging.
Christephie Strydom
;n Spler van die Dokkies in aksie teen Overvaal.
Logan Vneter wys haar staal teen Overvaal.
So bemeester jy ‘n lugskop.
‘n Speler van SHS rank in die lug om besit te wen.
So neem jy besit af.
So klop jy ‘n verdediger

 
Back to top button