SportSportSportSport

VRK is die Presidentbeker-kampioen

VRk het met 'n mengsel van jeug en ervaring Brakpan tot oorgawe gedwing

VEREENIGING. – Daar word vannaand op Boelapark groot makietie gehou nadat die Vereeniging Rugbyklub (VRK) se eerste span as die Valke se Presidentsbeker-kampioen gekroon is.

Die Kiewiete het ‘n hewige aanslag van Brakpan afgeweer om met 32-19 in die eindstryd te seëvier. Maklik was dit beslis nie.

Teen rustyd (12-12) was daar min tussen die twee spanne te kies, maar die meesterlike aanwending van die tuisspan se plaasvervangerbank was uiteindelik die groot verskil.

Die Bosmans en die Vereeniging Rugbyklub loop hand aan hand. Hier vier Koos Bosman snr en sy twee seuns Koos en Pieter VRK se sege in die eindstryd van die Valke se nuwe Presidentliga. Foto’s: Ettienne van Rensburg
Jan Wiegand, president van die Valke Rugbyunie, oorhandig die Presidentbeker aan die VRK se kaptein.

 

Check Also
Close
 
Back to top button