SportSportSportSport

Straw vat geen strooi in die swembad

Oud-Valie wys haar slag in die swembad

VANDERBIJLPARK. – Die oudVaaldriehoeker, Samantha Straw (25), het geen bekendstelling in die Vaaldriehoek nodig nie.

Sy het jare lank water in haar teenstanders se oë in die Penny Heyns Swembad in Sasolburg geskop. Deesdae swem sy vir Tuks onder leiding van die bekende Olimpiese afrigter, Ricco Meiring. Meiring is die afrigter van die Olimpiese swemkampioen, Tatiana Schoenmaker.

Samantha het die eerste keer op 14-jarige ouderdom aan die SA Senior nasionale kampioenskap deelgeneem. Vanjaar was haar sesde deelname aan die kampioenskap wat ook as ‘n Olimipiese kwalifiserende gala tel.

Sy het vanjaar twee goue medaljes in die aflos gewen en boonop ‘n nuwe SArekord in die 4 x 50m opgestel (1:41.34). Die vorige rekord is in 2014 opgestel.

Haar spanmaats in die 50m-aflosspan was die Olimpiese swemmer Emma Chelius, Caitlin de Lange en Johanna Buys. Samantha was ook deel van die span wat goud in die 4x100m vryslag verower het.

Haar spanmaats in die item was die Olimpiese swemmer: Erin Gallager, Hannah Mouton en Johanna Buys. Sam is ook gekies as een van Speedo se atlete 2024.

Sy beplan om later vanjaar ook aan die USSA gala vir Tulks deel te neem en daarna haar teenwoordigheid by die SA Kortbad gala te laat geld.

Sam se ouers bly steeds in die Vaaldriehoek en is bitter trots op hulle spruit se prestasies.

 
Back to top button