VANDERBIJLPARK – Die Suid-Afrikaanse Nasionale Ringbal Skoletoernooi het onlangs by Camp Discovery in Pretoria plaasgevind. Sedibeng se seuns- en dogtersspanne het sake in die o.11, o13, o.15, o.17 en o18-afdelings uitgespook en puik prestasies behaal. Die o13A seuns -en dogtersspan het tweede geëindig en die o15 dogters het ‘n derde plek behaal. Die nasionale spanne in die onderskeie ouderdomsgroepe is ook tydens die toernooi aangewys waarna daar die volgende dag vertoonwedstryde gespeel is. Die volgende spelers en beamptes het SA-kleure verwerf: Skeidsregter: Klue Groenewald. Sr. Spanbestuurders: Lisa van der Walt, Renay van Vught en Isobel Broderyk. Dogters o.13 SA Span: Yanay van Vught (ook Speler van die Toernooi), Lizé Swart en Ofani Makhathini. SA Uitnodigingspan: Abi Smit en Zizi Mpinba. Dogters o.15 SA Uitnodigingspan: Kaitlin Kotze en Beulah Strydom. SA Prestasiespan: Carli Swart, Ashley Fourie en Zanelle Theron. Dogters o.17 SA. Span: Kennedy Lodder, Leani Collins en Olivia Ferreira. SA Uitnodigingspan: Zanmarie Cilliers en Franzel Koen. Seuns o.18: SA Span: Thomas Winter. SA Uitnodigingspan: Quen Viljoen, Luki Nel en JB van Niekerk. SA Prestasiespan: Damian Labuschagne, Henro Kemp en Christiaan Fourie.
