VEREENIGING – Almal praat altyd van ‘n nuwe jaar en ‘n nuwe begin.
In die geval van die Vereeniging Rugbyklub (VRK) is dit beslis die geval. 2025 gaan ‘n jaar van eerstes wees. Nuwe tuisveld, nuwe begin en nuwe uitdagings.
Op 7 Januarie word die klub se nuwe tuiste by die Barnyard in Vereeniging ingelyf.
Die klub het sedert sy gloriedae op President Park, noodgedwonge al ‘n paar keer van tuisveld verander.
Na die ondergang en agteruitgang van President Park in die middestad van Vereeniging het VRK se kiewiete bietjie rondgesweef en eers by Vereeniging HS en toe by HTS Vereeniging ‘n heenkome gevind.
VRK is die oudste klub in die Vaaldriehoek en sport met ryk tradisies wat hier voortgesit gaan word.
