
VANDERBIJLPARK – Die HS Transvalia is deur na die kwarteindronde van die Kovsie Smash-toernooi wat tans in Bloemfontein plaasvind.
Die manne van die Vaal kom teen Wesvalia in die kwarteindronde te staan nadat hy vandag vir HS Sentraal met 96 lopies geklop het. Valia se Kriegler Botha was die groot held wat vyf paaltjies vir die verlies van slegs 5 lopies platgetrek het.
Valia het in die eerste rondte vir die HTS Middelburg met 6 paaltjies geklop en daarna het HS Goudveld ook streepsuiker gekry.
Een van die span se uitblinkers is Jeanre Barnard wat onderskeidelik teen Sentraal (64), HTS Middelburg (46) en Goudveld (66*) met die kolf baljaar het.
Met die bal het sy spanmaat Kriegler Botha ook verskeie regmerkies agter sy naam verdien. Hy het teen Goudveld, Kalahari, Sentraal en HTS Middelburg met boulsyfers van 3/11, 1/16, (5/5) en 3/6 gespog.


