VEREENIGING – Die Maccauvlei Gholfklub se jaarlikse klubkampioenskap het die naweek vir heelwat opwinding en goeie vertonings in al die afdelings gesorg.
Keegan Du Plessis het sy stempel as die A-afdeling se kampioen afgedruk, terwyl Leon Rademeyer in die B-afdeling koning gekraai het.

In die A-afdeling het Pieter Kruger en Dwayne Pocock ’n gesamentlike tweede plek behaal, met Pule Hlagane as naaswenner in die B-afdeling en Paul Ras in die derde plek.
Die netto-afdelings het ook vir spel uit die boonste rakke gesorg.
Liam Giacomozzi het die Beste Netto-telling op dag 1 aangeteken, terwyl Ruan van Emmenis dag 2 se louere weggestap het.
Dale Sim is algeheel as die Speler met die Beste Netto-telling aangewys.
