VANDERBIJLPARK – As jy nog altyd ‘n droommyl wou probeer hardloop is die geleentheid om die draai.
Op Saterdag 16 Mei by die Emerald Tsogo Sun bied die Nedbank Atletiekklub die 2026 Green Mile aan.
Die wedloop skop om 12:00 af. Daar is ‘n kontant aansporingsprys vir die vinnigste myl onder vier minute.
Die Britse hardloper Roger Bannister het op 6 Mei 1954 die eerste erkende myl in minder as vier minute gehardloop. Daar word dikwels na dit as ‘n “droommyl” verwys.
Geen inskrywings word op die dag aanvaar. Slegs aanlyninskrywings sal aanvaar word. Besoek www.events.myactive.co.za of kontak Johan Strydom op 083 651 5170 of Renaldo Jansen op 082 465 6937 vir meer inligting.
