SASOLBURG – Verskeie jong rugbyspelers van die Noordskool is Woensdagaand tydens die Valke se jaarlikse petoorhandigingseremonie vereer nadat hulle vir onderskeie Valke-spanne gekies is.
Die spelers wat erkenning ontvang het, is: Kwezi Mpondo (Valke o.12B), Musa Zakwe (Valke o.13 Akademie), Ore Motsoeneng (Valke o.13 Akademie), Kagiso Bodibe (Valke o.12A), Thato Raputsoane (Valke o.13 VKB), Xhaunro Coetzee (Valke o.13 VKB) en Tyrin Cunningham (Valke o.12A).
Mnr. Jonathan Wright, voorsitter van die Valke en die hoof van Noordskool, was ook by die geleentheid teenwoordig.
Die spelers sal binnekort aan die onderskeie toernooie deelneem waar hulle die Valke in hul verskillende ouderdomsgroepe sal verteenwoordig.