VANDERBIJLPARK – Die Suid-Afrikaanse hekkieskoningin, die gebore en getoë Vaaldriehoeker Marione Fourie, het Donderdag Skotland ‘n uitstekende vertoning gelewer toe sy net-net ʼn bronsmedalje by die 2026 Statebondspele in Glasgow, misgeloop het.
Die voormalige leerling aan die Hoërskool Driehoek het die eindstreep in 12.66 sekondes oorgesteek met ‘n rugwind van +2.5 m/s en het ‘n medalje met slegs 0.06 sekondes misgeloop.
Fourie het vroeër het sy haar plek in die eindstryd bespreek deur tweede in haar uitdunwedloop te eindig in ‘n blitsige 12.50 sekondes. Die tyd is egter met ‘n rugwind van +3.8 m/s aangeteken en kwalifiseer daarom nie vir rekorddoeleindes nie.
Hoewel sy net-net ‘n plek op die podium misgeloop het, het Fourie weer bewys waarom sy tans Suid-Afrika se voorste vroue-hekkiesatleet is. Die Vaaldriehoek en Suid-Afrika is bitter trots op haar.