SportSport

Drie plaaslike swemmers blink uit

Persoonlike beste tye spat links en regs.

VANDERBIJLPARK – Drie bobaas-swemmers van J’s Aqua Swemklub het hul staal by die EGA Senior Winterkampioenskap gewys wat op 22 en 23 Augustus by St Benedict’s College aangebied is.

Die swemmers het altesaam 22 medaljes verwerf en 16 eindstrydplekke behaal. Daar is ook verskeie persoonlilke beste tye in die proses verbeter.

Jo-Anne van Dyk het aan sewe items deelgeneem en vir die eindstryd van die 200 m-rugslag gekwalifiseer, waar sy vyfde geëindig het. Sy het haar tyd in die 100 m-vryslag met 6,35 sekondes verbeter en was in die 200 m-rugslag se uitdunrondte 5,51 sekondes vinniger.

Van Dyk het voorts ook as ’n II-swemmer deelgeneem en sewe goue medaljes in die II-afdeling verower.

Jean-Pierre Nel het in 13 items sy slag gewys en  tot die eindronde in die 200 m-borsslag, 100 m-vlinderslag, 200 m-individuele wisselslag, 200 m-rugslag, 50 m-vlinderslag, 200 m-vryslag en 100 m-rugslag) deurgedring

Nel het 13 goue medaljes in die II-afdeling om sy nek gehang. Hy het ook sy Persoonlike beste tye in die 200 m-borsslag met 0,59 sekondes, die 100 m-vlinderslag met 0,24 sekondes en die 50 m-vlinderslag met 0,05 sekondes verbeter.

Zaan Oosthuizen het aan sewe items deelgeneem tot ses eindrondes deurgedring. Hy het silwermedaljes in die 400 m-vryslag en 200 m-rugslag verwerf.

Oosthuizen het sy tyd in die 200 m-rugslag met 6,51 sekondes verbeter en was 4,69 sekondes vinniger in die 200 m-vryslag. Hy het ook verbeterings van 0,81 sekondes in die 100 m-individuele wisselslag en 0,55 sekondes in die 100 m-rugslag aangeteken.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button